Na ‘n moedige stryd teen kanker is die 41-jarige Suid-Afrikaanse aktrise, Crystal-Donna Roberts, Donderdagoggend in haar slaap oorlede.

Sy is veral bekend vir haar rol as die vurige Janice Mortlock in die sepie Arendsvlei waarvoor sy in 2020 vir ʼn Safta benoem is.

Sy het ook in 2018 ʼn Safta ontvang vir haar vertolking van die naamrol in die rolprent Krotoa.

Haar loopbaan is gekenmerk deur veelsydigheid en toewyding aan die beroep en sy was bekend as een van Suid-Afrika se voorste aktrises.

Tydens Arendsvlei se 10-jaar verjaardagviering het Roberts kykers bedank vir hul liefde en ondersteuning.

LUISER HIER:

error: Inhoud is beskerm !!