Die Mangaung Metro het onderneem om deurnag te werk nadat ‘n tweede waterpyp Saterdagaand in Pellisier gebars het. DA raadslid, Rossouw Botes, het gesê inwoners in die suidelike dele van Bloemfontein wat water vanaf die Brandkop reservoir kry, gaan waarskynlik vir ‘n tweede week sonder water wees. Die swaar weer het gisteraand werk aan die pyplyn vertraag. Valerie De Kock, ‘n raadslid van die Vryheidsfront Plus het gister in ‘n verklaring gesê veldbrande wat kragpale en kabels beskadig het, het veroorsaak dat daar nie krag was om die water te pomp nadat die eerste pyp herstel is nie. Sy het gesê die Mangaung Metro sal ‘n watertrok beskikbaar stel in Gardenia Park oorkant Spar. Botes het gesê ‘n private kontrakteur sal vandag by die Laerskool President Brand skoon boorgatwater aan Pellisier se inwoners verskaf. Die kontrakteur sal ook mense se tenks by huise volmaak teen betaling. Botes het gevra dat inwoners mekaar met water moet help