Die suidelike dele van Bloemfontein kan waarskynlik vir ‘n tweede week sonder water wees nadat ‘n tweede waterpyp die naweek gebars het wat water na Brandkop se reservoir begin herlei het. Dit, kort nadat die werk aan die eerste pypleiding herstel is en sekere woonbuurtes in die suide van die stad teen Vrydag bietjies-bietjies water gekry het. Valerie De Kock, ‘n raadslid van die Vryheidsfront Plus het vanoggend in ‘n verklaring gesê sy het Saterdag bevestiging gekry dat veldbrande kragpale en kabels beskadig het wat veroorsaak het dat daar nie krag was om die water te pomp nie. De Kock het gesê alle inwoners wat water by Brandkop kry, word hierdeur geraak. Sy het gesê die Mangaung Metro sal vandag ‘n watertrok beskikbaar stel in Gardenia Park oorkant Spar. ‘n Kontrakteur sal van moreoggend by die Laerskool President Brand skoon boorgatwater aan Pellisier se inwoners verskaf.  De Kock het gesê die verwagte hersteltyd dui net aan hoe lank die werk gaan neem, daarna moet pyplyne, Brandkop en sub-reservoirs vol loop voordat almal water sal hê. Sy het gesê dit kan drie dae neem voordat die herstelwerk aan die pyp en herleiding van die water gedoen is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×