Vrede, veiligheid, en ekonomiese groei is die fokus van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, terwyl daar vir die 44ste S.A.O.G-beraad voorberei word.
Vandeesweek se samesprekings in Harare, het die kollig onder meer geskyn op die behoefte aan vroeëkonflik-waarskuwingstelsels. Ronald Lamola, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Suid-Afrika se afvaardiging in Zimbabwe gelei.