Die Suid-Afrikaanse suikerbedryf het in ’n ope brief aan die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, gevra vir ’n moratorium op die Gesondheidsbevorderingsheffing (GBH).
IOL berig die brief beklemtoon dié belasting, wat in 2018 ingestel is om vetsug te bekamp, werkverliese en armoede in landelike gebiede veroorsaak het.
LEES MEER: Daar is weer ‘n pleidooi om suikerbelasting te staak
Volgens die suikerbedryf is daar geen wetenskaplike bewys dat dié belasting gesondheidsvoordele bied nie. Belanghebbendes meen ’n verhoging sal boere verder verarm en tot voedselonsekerheid bydra.
Hulle versoek ook dat die regering hul 2023-beloftes nakom vir konsultasie met die sektor.
LEES MEER: Suikerbelasting hou ‘n reuse bedreiging vir die land se suikerbedryf in
Hulle is gereed om saam te werk om die volhoubaarheid van die suikerbedryf en sy ekonomiese bydrae te verseker, en vra dat die GBH opgeskort of hersien word.