Dit was ‘n suksesvolle sportnaweek vir Suid-Afrikaners in Australië nadat die middelgewig UFC-vegter Dricus du Plessis sy wereld-middelgewig titel suksesvol verdedig het toe hy die Nigeriese vegter Israel Adesanya in die 4de ronde van die geveg in Perth geklop het.
Die Springbokke het ook voortgebou op hulle suksesvolle Kampioens-beker veldtog nadat hulle gister, ook in Perth, die Wallabies op ‘n sopnat veld met 30-12 die knie laat buig het. Die Bokke kom op 31 Augustus teen die All Blacks te staan op Emirates Airlines Park in Johannesburg