In die een-duisend-vierhonderd en twee gevalle van plaasmoorde-en aanvalle is slegs 66 misadigers en moordenaars skuldig bevind volgens ‘n verslag wat Afriforum gister bekendgemaak het. Die verslag dek die misdade van 2019 tot 2022, berig Netwerk 24. Jaques Broodryk, Afriforum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, het gesê dit beteken meer as 95% van al die gruweldade bly onopgelos. Die vervolgingskoers van slegs 5% is swak ondersoekwerk, ondoeltreffende vervolgings en ‘n duidelik onbereidwilligheid van die regering om plaasaanvalle te takel, het Broodryk gesê. Johan Nortjé, ‘n navorser by Afriforum, het gesê die lae inhegtenisnemeings vir plaasaanvalle is 22% en moord wat 49% is, is veral kommerwekkend.