SUPERRUGBY – Van kleins af word rugbyspelers geleer om hul opponente om die enkels te “tackle” en dat ’n “hoogvat” nie deel van diè sport uitmaak nie.
Diè bulslot van die Queensland Reds Angus Blyth het blykbaar ’n paar oefen duiksessies misgeloop toe hy die Brumbies se vleuel Corey Toole met ’n laat en gevaarlike hoogvat bebloed en met harsingskudding gelaat het.
Blyth het in ’n poging om ‘n skop van Toole af te storm met sy kop vooroor gebuig kontak met die vleuel se kakebeen gemaak. Toole het probeer opstaan na die kontak maar rondgeslinger voordat hy aangesê is om te gaan lê waarna ’n duidelike grynslag agterna op Blyth se gesig te bespeur was.
Die TV-skeidsregter het aanvanklik net ’n geel kaart uitgereik maar dit omgeswaai na rooi – wat ook een van diè reeks se nuwe reëls is.
Die 25-jarige Blyth is vir 6 weke geskors maar die straf is verminder na 3 aangesien die speler ’n goeie dissiplinêre rekord het en ook vroeg skuld erken het.