Die betaalkanaal SuperSport het die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se bewerings verwerp dat volgende week se Rugbykampioenskapwedstryd tussen die Springbokke en Nieu-Seeland regstreeks op alle SAUK-kanale sal wees.

McKenzie het dié aankondiging Vrydag tydens ‘n presidensiële imbizo in Ekurhuleni gemaak.

SuperSport sê die wedstryd sal net op DStv uitgesaai word.

Intussen dring McKenzie daarop aan dat samesprekings aan die gang is om die wedstryd op die SAUK-kanale uit te saai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×