Bykomende swaar masjinerie is ingebring om te help met pogings om die puin te verwyder op die toneel waar ‘n woonstelgebou in George in die Wes-Kaap, Maandag ingetuimel het. Pogings gaan voort om die 44 mense op te spoor wat vermoedelik nog in die puin vasgekeer is.
SABC-nuus berig die dodetal na die ramp het oornag tot nege gestyg, nadat een van die pasiënte wat in ‘n kritieke toestand was, in die hospitaal oorlede is. Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Anton Bredell het dit as een van die ergste konstruksierampe in die provinsie se geskiedenis bestempel.