Motoriste in Bloemfontein – asook elders op die land se paaie – word gemaan om uiters versigtig te bestuur, soos swaar reen ure al in die Mangaung Metro Munisipale-streek uitsak en verkeer ontwrig.
‘n Waarskuwing is aan Bloemfontein-inwoners gerig wat bevestig dat onder meer die R64, naby Helenaweg in Bainsvlei, gevloed het.
Intussen het ‘n padgebruiker laat weet dat baie swaar reën tussen Winburg en Bloemfontein daartoe ly dat verkeer op die N1 begin ophoop soos motoriste stadiger ry weens swak sig.
Nog reën en donderstorms word voorspel, en bestuurders moet op hulle hoede bly, hul hoofligte aanskakel, nie die spoedgrens oorskry of waaghalsige besluite neem nie.