Vrystaatse saaiboere sal dalk eers oor drie weke kan begin stroop. Dit aangesien swaar reën hul landerye en oeste onder water gelaat het.

Netwerk24 berig volgens Lafras Smith, wat tussen Heilbron en Frankfort boer, lyk die toestande maar beroerd.

Hy voeg by alhoewel die son nou skyn, lyk dit asof daar nog reën vir die later die week voorspel word.

Boere in verskeie dele van die Vrystaat het die afgelope paar dae meer as 100mm reën ontvang.

Woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie sê boere langs die Vaal- en Oranjerivierstelsel word aangeraai om wees die verwagte stydende watervlakke, waterpompe na hoërliggende gebiede te verskuif.

error: Inhoud is beskerm !!