Drie mans is gister swaar vonnisse in die Kroonstadse landdroshof opgelê vir die steel van R2-miljoen se beskermde plante. D
ie beskuldigdes is verlede September by ‘n vulstasie langs die N1 in die Vrystaat vasgetrek vir die vermeende onwettige besit van 50 broodbome.
Hulle kon egter daarin slaag om van die polisie te vlug.
Verskeie misdaad-taakspanne van die polisiediens het saamgewerk om die verdagtes in hegtenis te neem.
Een is verlede jaar opgespoor, terwyl die ander twee in Februarie vanjaar in boeie geslaan is.
Die mans is tronkstraf van onderskeidelik 8, 12 en 10 jaar opgelê, en is onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.