Die dood van meer as twintig kinders na hulle vermoedelik versnaperinge wat deur ‘n plaagdoder besmet is geëet het, beklemtoon die gevare van die munisipale afvalbestuurskrisis in Suid-Afrika.

Primedia berig volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Afvalbestuur se Reon Pienaar, sal rotte nooit die geleentheid kry om ‘n nes te maak as afval behoorlik opgetel word nie.

Rotte floreer in ‘n omgewing waar afval nie versamel word nie, wat daartoe lei dat mense giftige plaagdoders neerlê om van die rotte ontslae te raak.

Volgens Pienaar is onderrig oor afvalbestuur noodsaaklik om die krises op te los. Hy beveel ook aan dat gemeenskappe seker maak dat hul afval op een sentrale area, in sakke, geplaas word om die verspreiding van rotte te voorkom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×