Die Vrystaatse regering het in die eerste kwartaal van die 2023/2024-boekjaar glo net 10% van sy 25% infrastruktuurdoelwit bestee – wat ‘n bron van kommer is. Armand Cloete, VF Plus-LPW in die provinsie, beweer verslae in die Vrystaatse openbare rekeningekomitee wys hoe departemente wat vir infrastruktuur verantwoordelik is, nie daartoe in staat is om die beplande projekte effektief uit te voer nie. Hy voeg by die Vrystaatse regering sloer jaarliks om in die eerste drie maande van die boekjaar kritieke infrastruktuurprojekte te loods – en verduidelik dit het ʼn direkte gevolg op dienslewering. Teen dié pas van besteding sal die provinsie nie sy teikens vir die boekjaar bereik nie. Luidens Cloete is die departement van menslike nedersettings die grootste sondebok met onderbesteding – waar broodnodige behuisingsprojekte minder as 3% van die 25%-teiken bereik het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×