Die swak bestedingsgewoontes van die regering is nie ‘n verskoning om geld wat vir maatskaplike dienste gebruik moet word, aan te wend om Eskom se skuld te
delg nie.

Die Budget Justice Coalition, of BJC, het gister sy kommer hieroor uitgespreek, in afwagting op die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede wat vandag gelewer word.

Die reg tot onder meer onderwys, gesondheidsorg, basiese dienste en maatskaplike ondersteuning mag nie in die gedrang gebring kom, ten einde Eskom se skuld van R400 miljard te laat verdwyn nie.

Die BJS is een van talle drukgroepe en politieke partye wat kommer daaroor uitgespreek het dat die regering se hantering van Eskom se astronomiese skuldsom, moontlik ander belangrike begrotingsitems in die hek kan laat duik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×