Die toenemende snelle pas waarteen plattelandse dorpe in die Vrystaat ontvolk, word hoofsaaklik aan swak bestuur op alle regeringsvlakke toegeskryf.

Die krane van dorpe in die Vrystaat droog op, terwyl onbekwame bestuurspraktyk en astromoniese munisipale skuld glo die orde van die dag bly.

Netwerk24 berig Tom van Rensburg, VF Plus-raadslid in Villiers, in die Mafube-minusipaliteit, het gesê munisipale werkers het einde April laas salaris gekry, en dit is onseker of hulle vir Julie betaal gaan word.

Aldus Van Rensburg lei die versuim om salarisse te betaal tot verminderde werksure, wat dienslewering uiteraard verder verlam.

error: Inhoud is beskerm !!