Swak munisipale dienslewering het inwoners van die Mangaung-metro meer as moedeloos, maar die DA sê hy is nog ver van vuisvoos.

Môreoggend tussen half-nege en half-tien neem dié party, en enige en alle belanghebbendes, ‘n uur uit hul dag om by die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein protes aan te teken oor die gebrek aan dienslewering in die metro.

Die DA se Koukus-leier in die metro, Johan Pretorius, bestempel diensleweringsvlakke hier as ‘n totale gemors.

Hy het gesê die tyd het gekom vir alle inwoners om saam te staan ten einde die munisipaliteit tot aksie te dwing.

‘n Omvattende griefskrif spreek kwessies aan wat lank reeds spoedeisend verby is.

Die griefskrif sal ten tyde van die volgende raadsvergadering, wat waarskynlik Vrydag sal plaasvind, per hand aan die burgemeester oorhandig word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×