‘n Vrou wat op 7 Oktober deur Hamas-vegters ontvoer is, het geboorte geskenk terwyl die terreur-groep haar aanhou. Dit is volgens ‘n brief wat Sara Netanyahu, premiersvrou van Israel, vandeesweek deur haar man se kantoor uitgereik het. The Times of Israel het vroeër berig een van die vroue wat onvoer is, was swanger. Dit is ondenkbaar wat deur die ma se gedagtes moes gaan waar moordenaars haar en haar baba aanhou, het Sara Netanyahu aan die Amerikaanse Presidentsvrou, Jill Biden geskryf. Sky News het berig dat 32 kinders aangehou word, onder wie ‘n baba van tien maande. Sara Netanyahu het geskryf dat Biden help sodat die kinders vrygelaat kan word en deur die Rooi Kruis besoek word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×