Weens swartryp in Limpopo, moet verbruikers gereed maak om binnekort dalk heelwat meer vir aartappels te betaal. Bedryfskenners sê aan Business Day, die wydverspreide ryp wat vroeg vandeesmaand groot skade gebring het, sal na verwagting tekorte en prysstygings in Augustus en September tot gevolg hê.
Volgens Willie Jacobs van Aartappels Suid-Afrika, het tot soveel as ‘n kwart van aartappelaanplantings in die provinsie skade gely. Limpopo lewer nagenoeg 5% van die land se totale aartappel-oes.