SWEM – 4 S.A. swemmers het seker gemaak hulle is deel van die Wêreldkampioenskaps-byeenkoms wat Februarie in Doha plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse proewe is verlede week in Durban gehou waar die Olimpiese kampioen Tatjana Schoenmaker kwalifiserende tye in die 50-, 100- en 200m borsslag behaal het.

Kaylene Corbett  het gekwalifiseer in die 200m borsslag terwyl Chad le Clos in die 100- en 200m vlinderslag sal meeding. Ellin Gallagher het ook ’n dubbele kwalifikasie behaal in die 50- en 100m vlinderslag.

*Die S.A. span sal vroeg in die nuwe jaar aangekondig word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×