SWEM – Die Suid-Afrikaanse swemmer Erin Gallagher het haar eie Afrika rekord in die uitdunne van 100m-vlinderslag op Wêreld-swemkampioenskapsbyeenkoms in Katar oortref.

Gallagher, silwer medalje wenner by die Statebond Spele in die 50m-vlinderslag, se wentyd was 57.59 sekondes. Die eindronde vind Maandagaand plaas.

In die mans afdeling kon die voormalige Olimpiese en Wêreldkampioen Chad le Clos slegs ‘n 8ste plek in die uitdunne van die 50m-vlinderslag behaal in ’n tyd van 23.68 sekondes.

*Pieter Coetzè, Lara van Niekerk en Stephanie Houtman is ook Maandagoggend in hul onderskeie items naamlik die 100-rug en borsslag en 1500-vryslag in aksie.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×