SWEM – Die 2-malige Statebondspele rugslag-swemkampioen Lara van Niekerk is oorgehaal vir die Wêreld-byeenkoms wat Sondag in Doha, Katar begin.
Van Niekerk is een van die handjievol top swemmers wat gaan deelneem en sien uit na die kompetisie wat volgens haar en afrigter Eugene da Ponte perfekte voorbereiding sal wees vir die Olimpiese Spele wat oor ’n paar maande in aanvang neem. Sy was ook die enigste Suid-Afrikaner wat op die vorige wêreldbyeenkoms ’n medalje kon wen naamlik brons in die 50m-borsslag.
*Van Niekerk se landgenoot Tatjana Schoenmaker is een van diè groot name wat nie in Doha in askie gaan wees nie aangesien sy moet inhaal op haar agterstallige oefenprogam vir die Spele.