Die Suid-Afrikaanse swemmer Chad le Clos het ‘n rekord in sy visier by die Wereld-kortbadkampioenskap in Boedapest.
Le Clos lei ‘n groep jong Suid-Afrikaanse swem talent by die byeenkoms wat Dinsdag afgeskop het.
Die 32-jarige Le Clos het reeds 19 medaljes by die byeenkoms gewen en kan die omstrede Amerikaanse swemmer Ryan Lochte se rekord van 23 medaljes ewenaar.
Le Clos sal aantree vir die 50- , 100 -, en 200-meter vlinderslag asook die 100-meter vryslag.