SWEM – Die Amerikaanse swemlegende Michael Phelps se rekord van 15 jaar in die 400m wisselslag is uiteindelik tot niet nadat Leon Marchand dit op die 1ste dag van die Wêreldkampioenskappe in Japan verpletter het.
Diè 21-jarige Fransman het Phelps se rekord met ’n reuse 1.34 sekondes verbeter na 4:02.50 waar Phelps ook na die tyd daar was om die goue medalje om Marchand se nek te hang.
Suid-Afrika het vanjaar net 11 swemmers wat deelneem. Die Statebondspele kampioen Lara van Niekerk is in uitdunne van die 200m-borsslag uitgeskakel terwyl die Olimpiese silwer medalje wenner in die 100m borsslag Tatjana Schoenmaker vir die eindronde sal aantree.
Diè byeenkoms duur tot die 30ste Julie.