Die Suid-Afrikaanse swemmer, Rebecca Meder het ‘n nuwe Afrika-rekord opgestel in die halfeindronde van die 100-meter individuele wisselslag by die Wêreld-kortbadkampioenskap.

Die nuwe Afrika rekord in die item is 57-komma-ses-nege sekondes, wat genoeg was om tweede plek in haar eindronde vas te maak.

Meder het verbeter op die rekord wat reeds in haar besit was na ‘n 58-komma-vier-vier sekonde swem in die uitdunne.

Die Amerikaner, Gretchen Walsh het die halfeindrondte gewen in ‘n wêreldrekord tyd van 55-komma-sewe-een sekondes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×