SWEM – Die Statebondspele-kampioen in die 100m-rugslag vir mans Pieter Coetzè het ook gisteraand ’n plek losgeswem by die Wêrelkampioenskaps-byeenkoms in Doha, Katar.

Die 19-jarige Coetzè wat verlede jaar nog op die skoolbanke was en Suid-Afrika reeds by die Olimpiese Spele verteenwoordig het, het sy halfeindronde in 53.07 sekondes gewen en sal later vanaand vir die goue medalje meeding.

Sy spanmaat Lara van Niekerk wat ook die Statebondspele-kampioen in die 50- en 100m borsslag is kon egter nie dieselfde vermag nie en moes met die 7de plek in die 100-borsslag tevrede wees.

*Dunè Coetzee en Chad le Clos sal ook nog later vanoggend in die uitdunne van die 200-vryslag en 200-vlinderslag aantree om hul plekke hopelik in die eindrondes te bespreek. Diè byeenkoms duur tot Sondag.

 

Foto: teamsa.co.za

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×