SWEM – Die Olimpiese swemmer Pieter Coetzè het Vrydagaand Suid-Afrika se enigste medalje by die Wêreldswembyeenkoms in Doha verower toe hy 3de in die 200m-rugslag geëindig het.
Slegs 0.69 van ’n sekonde het hom van die wenner Hugo Gonzalez van Spanje geskei terwyl Swede se Roman Mityukov 2de was.
In Sondagaand se 50m-rugslag eindronde het Coetzè net-net uitgemis op nog ’n brons medalje terwyl die 20-jarige Lara van Niekerk ook met ‘n 4de plek in die 50m-borsslag tevrede moes wees.
*Chad le Clos kon net ‘n 5de plek behaal in die 100m-vlinderslag behaal terwyl Erin Gallagher ook 4de was in die eindronde van die 50m-vlinderslag.