SWEM – Die Suid-Afrikaanse swemspan het ‘n goeie begin gemaak op die openingsdag van die Mare Nostrum-reeks in Monaco.

Matthew Sates een van die Suid-Afrika se blink opkomende jong swemmers het goud in die 400 m vryslag asook 200 m individuele medley verower terwyl Lara van Niekerk net-net deur die Olimpiese kampioen Lydia Jacoby in die 100 m borsslag geklop is.

Die ander twee Suid-Afrikaanse tieners wat brons medaljes behaal het was Pieter Coetzè in die 100m rugslag en Rebecca Meder in die 400 m individuele medley.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×