SWEM – Suid-Afrika se elite swemmers het reeds gister na Japan vertrek vir die Wêreldbyeenkoms wannner hulle van Sondag af in aksie gaan wees.
Aimee Canny sal saam met Tatjana Schoenmaker, Lara van Niekerk, Rebecca Meder, Trinity Hearne, Clayton Jimmie en Roland Schoeman hul oog op die goud gerig hou.
Matthew Sates, Pieter Coetzè en Chad le Clos was nie op die vliegtuig nie terwyl Righardt Muller, Emma Chelius en Milla Drakopoulos saamreis om meer ervaring op te doen.
Altesaam 2392 atlete van 195 lande sal aan vanjaar se byeenkoms deelneem wat tot die 30ste Julie duur.