SWEM – Die Suid-Afrikaanse swemmer Matthew Sates het verseker dat hy sy trofeekas met nog ‘n goue medalje kon aanvul toe hy Sondagaand eerste aan die kant van die swembad geraak het by die Fina Wêreld Swemkampioenskappe in Toronto.

Die Maritzburg tiener het heel gemaklik in die 400m individuele wisselslag gelyk toe hy in ‘n tyd van 4:02.65 gewen het. Die Italianer Alberto Razzetti was 2de terwyl die Hongaar Hubert Kos die 3de plek behaal het.

Die S.A. swemlegende Chad le Clos was ook onder die medaljes toe hy goud in die 100m vlinderslag en ook nog 2 silwers in onderskeidelik die 50- en 200m in dieselfde items behaal het.

Die kampioenskappe verskuif nou na Indianapolis waar die 3de en finale been van diè swemreeks tussen 3 en 5 November plaasvind.     

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×