SWEM  –  Suid-Afrika se Olimpiese swemkampioen Tatjana Schoenmaker se ervaring en selfvertroue was die deurslaggewende faktor toe diè 26-jarige Pretorianer die silwer medalje in die 100m borsslag by die Wêreld-swembyeenkoms in Japan gewen het.

Rita Meilutyte het 1ste aan die kant van die swembad geraak in ’n tyd van 1:04.62 gevolg deur Schoenmaker 1.22 sekondes agter haar terwyl die Amerikaner Lydia Jacoby die brons medalje gewen het.

Die 17-jarige S.A. swemmer Mila Drakopoulos ding vandag aan die 50m-rugslag uitdunne mee terwyl Trinity Hearne in die 200m vlinder en Clayton Jimmie in die 100m vryslag ook hulle staal sal toon.

 

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×