SWEM – Tukkies se swempan sal eerskomende naweek als in die stryd werp om weer as die SA-Universiteite-byeenkoms se kampioenspan gekroon te word wat die naweek in Ggeberha gehou word.
’n Totaal van 110 swemmers van 9 tersiëre instellings sal Saterdag en Sondag sake uitspook wat by die Newton Park-swembad gehou word.
Die Pretoria studente se sterkste teenstand behoort van die Maties te wees maar die plaaslike swemmer van die Madibaz Dylan Botha behoort ook goeie rekenskap van homself in die bors- en vlinderslag items te gee.
Al die swemmers sal mik vir ’n plek in die nasionale span wanneer die volgende Wêreld-Universiteit Spele weer in 2025 in Duitsland gaan plaasvind.