SWEM – Lara van Niekerk het nog ‘n Suid-Afrikaanse en Afrika rekord in die swembad by S.A. Kortbaan kampioenskappe in Pietermaritzburg opgestel.

Na haar goeie prestasie by die onlangse Statebondpspele het van Niekerk in die 50m borsslag ‘n rekord tyd van 29.62s behaal en ook sodoende kwalifiseer vir die Wêreld Kampioenskappe in Melbourne later die jaar.

Pieter Coetzè –  die ander sukses verhaal in Birmingham – het ook kwalifiseer vir die 100m borsslag terwyl hy ook die 50m  vryslag titel voor spanmaat Clayton Jimmie opgeraap het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×