SWEM – Suid-Afrika se Statebondkampioen Lara van Niekerk het Donderdag in ’n skitter tyd van 30.21 sekondes in die 50m-borsslag nie net met die huidige wêreldkampioen Ruta Meilutyte afgereken nie maar ook die kwalifiseringstyd vir vanjaar se wêreldkampioenskappe in Japan oortref.

Van Niekerk – wat Woensdag slegs ‘n 3de plek in die 100m borsslag kon behaal – het ’n perfekte resies teen Meilutyte geswem wat die rand van die swembad eers na 30.40 sekondes kon raak.

Meilutyte het ook die besonderse prestasie behaal toe sy in 2012 op 15-jarige ouderom die Olimpiese kampioen in die 100m-borsslag  geword het en ook 2 wêreldtitels kon verower.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×