Twee voorvalle van bytwonde is in Kaapse swemgebiede aangemeld.
Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), Craig Lambinon, het bevestig ’n man het by Big Bay in Bloubergstrand, ’n ligte bytwond van ’n rob opgedoen.
Maroela Media berig die Big Bay Surf-lewensreddersklub het die man aangeraai om die bytwond by ’n hospitaal te laat behandel.
Lambinon het ook melding gemaak van ’n voorval in Valsbaai waar ’n 65-jarige man deur ’n klein seedier gebyt is terwyl hy geswem het. Ooggetuies vermoed dit was ’n klein haai, terwyl die owerhede die bytwond behandel en ondersoek om die spesie te bepaal.
1 Comment
Comments are closed.