Centlec het berigte van swendelaars ontvang wat gemanipuleere fotos van Centlec se senior bestuur en werknemers gebruik om geld via Whatsapp-boodskappe te vra.

Mangaung Metro Munisipaliteit se elektrisiteitverskaffer,  moedig inwoners aan om nie op hierdie boodskappe te reageer of in kommunikasie met die swendelaars betrokke te raak nie.

Centlec-woordvoerder, Lele Mamatu, sê in ‘n mediaverklaring inwoners moet waaksaam bly en enige verdagte boodskappe of aktiwiteite moet onmiddellik by die betokke wet toepassingagentskappe geraporteer word.

Centlec is tans met ‘n ondersoek besig en toepaslike stappe sal geneem word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×