Beleggingsbestuursmaatskappye het Suid-Afrikaners versoek om versigtig te wees vir swendelary gedurende die vakansieseisoen.
Volgens Allan Gray trek swendelaars voordeel uit die feit dat baie mense hierdie tyd van die jaar bonusse ontvang. Die maatskappy sê mense moet maatreëls tref om hul persoonlike inligting te beskerm en bewus te wees van moontlike bedreigings.
Hull moedig mense aan om versigtig te wees vir twyfelagtige beleggings en uitvissingpogings en om slegs transaksies met wettige kleinhandelaars met veilige betaalfasiliteite te doen.