Swendellaars steel R240 000 deur hulself voor te gee as werktuigkundiges in Bloemfontein

Twee swendellaars het ‘n man uit R240 000 bedrieg toe hulle, hulself voorgegee het as werktuigkundiges in Bloemfontein.

Luidens berigte het die twee bedrieërs, onderskeidelik 53 en 33 jaar oud, die man R100 000 gevra vir die vervoer van die enjin van ‘n konstruksiewerktuig, en ‘n verdere R140 000 vir die regmaak van die enjin.

Netwerk24 berig die twee kamstige werktuigkundiges het slegs ‘n botteltjie Stop Smoke bymiddel in die enjin gegooi.

Volgens die eienaar het hy die enjin gaan afhaal en met die toets van die enjin het hy agtergekom die enjin is nie reggemaak nie, maar toe hy teruggaan na die werkswinkel het die twee swendellaars reeds spore gemaak.

Volgens brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, was die twee verdagtes laas in Randburg gesien en steeds op vrye voet.

Luister na potgooie hieronder