Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie, Blade Nzimande, sê sy gewete is skoon.

Nzimande word aan die hand van ‘n verslag van die Organisasie Teen Belastingmisbruik, by die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema se beweerde korrupsieskandaal betrek.

Hy hou egter vol hy het nie geld van enige diensverskaffer aanvaar, of skema-geld gebruik om die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party te ondersteun nie.

Netwerk24 meld Ernest Khosa, raadsvoorsitter van die studentehulpskema, se kop word ook geëis.

Dit volg nadat Outa stemopnames bekom het wat skynbaar onthul dat beweerde onwettige betalings van miljoene rand aan Nzimande en Khosa gemaak is.

Nzimande hou egter vol dat hy niks het om weg te steek nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×