T20 WêRELDBEKER KRIEKET – Sri Lanka, 3-malige wenner van die gesogte trofee, het weer sy ondersteuners breed laat glimlag nadat hulle die Verenigde Arabiese Emirate maklik met 79 lopies geklop het.

Die Lions het eerste gebruik van die kolfblad gehad en kon net 152 / 8 in sy toegelate beurte bymekaar maak. Die openingskolwer Pathum Nissanka het geskitter met sy 74 lopies terwyl Dhananjaya de Silva hom goed ondersteun het met 33 van net 21 balle.

Die VAE het reeds vroeg in die kragspel paaltjies verloor waarna die kolflys bly wankel het en die span uieindelik vir net 73 lopies uitgehaal is.

Vandag is Skotland teen Ierland in aksie waarna die sukkelende Wes-Indië wat ook reeds 2 keer die trofee omhoog kon lig teen Zimbbawe kragte sal meet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×