Onlangse navorsing toon dat die ANC in alle waarskynlikheid gaan bars om meer as 50% van die stemme in die 2024-verkiesing op hom te vestig. Maroela Media berig Ipsos se navorsing in hierdie verband moet as ‘n aanduiding, eerder as ‘n voorspelling van die toekoms gesien word. Volgens Ipsos sou die ANC steeds wen indien mense môre hul kruisies sou moes trek. Marie Harris, direkteur van Ipsos Suid-Afrika, het egter gesê sy sou baie verbaas wees indien die ANC in 2024 meer as 50% van die stemme op hom verenig. Landwyd is die steun vir die ANC nou glo laer as voor die plaaslike verkiesing van November verlede jaar. Volgens Harris dui dit daarop dat die nuwe rade nie ‘n verskil gemaak het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×