Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) sê sy vennootskap met verskeie wetstoepassingseenhede het tot ‘n 62% daling in misdaad by die Tafelberg Nasionale Park gelei.

Eyewitness News berig die bergreeks, wat oor die Kaapse Skiereiland strek, het die afgelope jare ’n speelplek vir misdadigers geword.  Volgens SANParke se besturende uitvoerende hoof, Property Mokoena, is daar verlede jaar 133 voorvalle misdade by die park aangeteken. Die getal is nou tot 47 verlaag.

SANParke doen ‘n beroep op enigiemand wat wil help om misdaad op die berg hok te slaan om by sy vrywillige veiligheidsdienste aan te sluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×