Duisende Amazon-werknemers in meer as 30 lande beplan om aan ‘n gekoördineerde betoging teen die aanlyn kleinhandelreus op Swart Vrydag, 29 November, deel te neem.
Business Tech berig pakhuiswerkers en afleweringsbestuurders sal as deel van die Make Amazon Pay-veldtog staak.
Die betogings eis verbeterde werkersregte, groter belastingbetalings deur Amazon, en meer omgewingsvolhoubaarheid.
Amazon het in ‘n verklaring aangedui hulle neem reeds stappe teen klimaatsverandering.
Amazon het sy besigheidsbedrywighede in Suid-Afrika geloods en is steeds besig om sy voete te vind, terwyl Takealot tans sy grootste opposisie is.
Kenners soos ekonoom Dawie Roodt meen dit is ‘n opwindende tyd vir verbruikers in die land, aangesien die alledaagse Suid-Afrikaner uiteindelik by die kompetisie tussen die twee maatskappye sal baat