Takealot toon ‘n groot wins

Suid-Afrika se grootste aanlyn kleinhandelaar, Takealot, staan op die punt om ‘n groot wins te toon.

Naspers se boekjaar-resultate tot einde Maart vanjaar, wys dat Takealot ‘n uitsonderlik sterk jaar gehad het.

Volgens Netwerk 24 het Takealot se inkomste met 55% tot R606-miljoen gestyg.

Die totale waarde van handelsware wat op Takealot verkoop is, het met 69%, tot R16,7-miljard gestyg.

Naspers berig ook dat Takealot se handelsverlies tot naby gelykbreekpunt gedaal het.

Luister na potgooie hieronder