Talle erwe in Fichardtpark in Bloemfontein is met riool oorspoel.  DA-raadslid, Russouw Botes sê na vele oproepe en boodskappe aan die Mangaung Metro se munisipale bestuurder en sanitasie departement word niks steeds aan die probleem gedoen nie, dit omdat werkers glo staak.  Netwerk24 berig Botes sê dat inwoners klagtes teen die munisipaliteit ingedien het by die Menseregte-kommissaris.  Rioolvuil het al Dinsdag in erwe begin inspoel en teen Vrydag was erwe oorspoel met riool.  Die riool probleem veroorsaak dat kinders en honde nie eens in die erwe kan beweeg nie. Teen druktyd was nog geen reaksie van die Metro ontvang nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×