Talle munisipale, en burgerlike groepe werk saam – met net één doel voor oë – naamlik om mens, dier en die omgewing, sover moontlik, teen die vlammehel in die Vrystaat te beskerm.
Die Brandfort-veldbrandkompleks in die provinsie word met ‘n valkoog dopgehou.
Johan, of Savage, Breytenbach van Mafpa, het aan Rosestad-nuus gesê daar is nou ‘n operasionele bestuurspunt by die Soetdoring-natuurreservaat om die koördinering van brandbestrydingspogings te behartig.
Vyf taakspanne van Working on Fire, is onder diegene wie reeds van vroegoggend af in ‘n verbete stryd met die vlamme gewikkel is.
Volgens Savage, hou almal wat hand-bysit die omgewing dop vir brande wat steeds woed, en ook vir sogenaamde “hot spots” waar die moontlikheid bestaan dat ‘n brand wat vroeër geblus is, weer kan opvlam.
Johan Breytenbach, hoof van Mafpa, wat brande in en om Mangaung bestry, het in die vroeë oggendure gesê daar was toe groot brande wat steeds heeltemal buite beheer was. Verskeie verslae van aansienlike verliese is ook reeds ontvang.
Roy Jankielsohn, die DA se leier in die Vrystaat, het vanoggend aan Rosestad-nuus gesê sy hart gaan uit na elke inwoner wat direk of indirek deur
die brande geraak word:
Die stem van Roy Jankielsohn, die DA se leier in die Vrystaat.