Sommige inwoners van Parys is steeds vir die afgelope twee weke en langer sonder lopende water terwyl gerugte van sabotasie van waterinfrastruktuur die afgelope paar weke die rondte doen. Afriforum in Parys het die afgelope week ‘n dringende brief aan aan die Minister van Water en Sanitasie, Senzo Mcunu gestuur om in te gryp met die water krisis. Afriforum se distrik-koordineerder, Alta Pretorius, het gesê die organisasie gaan hulle nou tot die howe wend. Mcunu het onlangs tydens ‘n vergadering in Parys gesê ‘n kragopwekker moet gekoop word sodat waterwerke nie stilstaan tydens beurtkrag nie. Hy het ook gesê genoegsame sekuriteit moet belangrike punte van waterinfrastruktuur beskerm teen vandalisme.
