Die adjunkpresident Paul Mashatile het gesê geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord het ‘n omkeerpunt in Suid-Afrika bereik. Die adjunkpresident het gister afgevaardigdes by die derde Nasionale Mansparlement in Limpopo toegespreek. Mashatile het gesê president Cyril Ramaphosa het egter drie stukke wetgewing onderteken wat sal help om die plaag van geslagsgeweld hok te slaan. Dit sluit in die Wysigingswetsontwerp op die Strafreg, die Wysigingswetsontwerp op Straf- en Verwante Aangeleenthede, en die Wysigingswetsontwerp op Gesinsgeweld. Mashatile het gesê hierdie gewysigde wette sal ‘n bykomende wapen bied om geslagsgeweld drasties te verminder.
