Die DA in die Vrystaat het sy kommer te kenne gegee dat inwoners van dié provinsie, veral kinders, nie die Desembervakansie toegang gaan hê tot publieke swembaddens nie.

Maroela Media berig volgens die DA se woordvoerder oor sport, kuns, kultuur en ontspanning in die Vrystaat, Werner Pretorius, is dit onaanvaarbaar dat die meeste munisipale swembaddens in die Vrystaat gesluit, wanfunksioneel of vervalle is.

Hy voeg by dat daar tans 24 vervalle fasiliteite in die Vrystaat is.  Rosestad-nuus het vroeër die maand berig dat daar by die Mangaung Metro Munisipaliteit duidelikheid gesoek word oor hoekom Heidedal se publieke swembad toegelaat is om te verval.

Byna ‘n jaar gelede het Heidedal se gemeenskap die taak opgeneem om die swembad self op te knap, maar glo weens die munisipaliteit se voortdurende versuim om die fasiliteit in stand te hou, het dit weereens agteruitgegaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×